Europe
USA
United Arab Emirates
Saudi Arabia
Qatar
Kuwait
Bahrain
Brazil
Spain
Jordan
France
Canada
Cyprus
Mauritius
Côte d'Ivoire
Mali
Burkina Faso
Togo
Benin
Mexico
Central African Republic
Eswatini
Oes vinniger met minder verliese en meer winste | OMBU Sonneblom tafel | Agri Afrika
Price on request
N/A
Including VAT
Description
Agri Afrika is ’n pionier in die verskaffing van duursame, betroubare en hoëgehalte landbouwerktuie deur plaaslike vervaardiging, asook die invoer van slegs die beste, beproefde en doelgerigte produkte vir die boer.
Agri Afrika se Ombu-sonneblomkop uit Argentinië is taai, sterk en duursaam. Die sonneblomkop loop besonder lig, sodat geen stroperkrag of diesel vermors word nie.
Die kop kan op enige stroper gemonteer word en al die verstellings kan vinnig en maklik gedoen word.
By ’n stroperspoed van 10 km/h gly die Ombu moeiteloos deur die lande sonder om op te pak. Die skoonmaakflappe op die tande van die sonneblomkop verseker dat nie ’n enkele sonneblom verlore gaan nie.
Die Ombu se instandhouding verg min tyd en moeite. Benewens die normale daaglikse inspeksie, is daar slegs ’n paar smeernippels wat elke 50 uur gesmeer moet word.
Agri Afrika se volledige produkreeks word landswyd ondersteun deur ’n goed gevestigde, professionele infrastruktuur wat toegewy is aan tydige diens en die voorsiening van onderdele.
Kontak ons:
Marius Tolmay
Volg Ons: